Saldanha Selfsorg – Bekostigbare Akkommodasie vir Kontrakteurs ens

saldanha selfsorg,gastehuis,bekostigbare verblyf,akkommodasie

“Smartphone” gebruiker? Benut hierdie QR kode en deel ons info met ‘n vriend of kollega.

Saldanha Selfsorg bied bekostigbare verblyf vir kontrak werkers en mense met ‘n kein begroting. Basiese maar goed toegeruste kamers te huur bied nie alleen slaapplek nie, maar ook al die nodige geriewe vir langer verblyf.

Ons gaste vind die ligging gerieflik – dis baie sentraal gelee, binne sowat 200 meter vanaf winkels, die naaste bank, en selfs die strand.

Toesluit-parkering word verskaf, met genoegsame ruimte om ‘n aantal voertuie te akkommodeer.

Vier kamers is beskikbaar – u het ‘n keuse tussen die gerief van ‘n privaat kombuis en badkamer, of – teen ‘n laer tarief – gedeelde fasiliteite.

Elke kamer is toegerus met ‘n yskas, tafel en stoele, basiese eetgerei, beddegoed en handdoeke.

Ideaal vir kontrakteurs en reisende werkers:

Die kombinasie van bekostigbare maar goed toegeruste selfsorg eenhede, en ‘n gerieflike sentrale ligging, maak dit die ideale tydelike verblyf in Saldanha vir diegene wat naby alles wil wees, en/of nie toegang het tot hul eie vervoer nie.

‘n Restaurant wat (onder andere) seekos verkoop is gelee voor op die perseel van Saldanha Selfsorg.

image_pdfimage_print